Sonkalender

’n Sonkalender is ’n kalender waarvan die datums die seisoene aandui of, amper gelykwaardig daaraan, die skynbare posisie van die Son relatief tot die sterre. Die Gregoriaanse kalender, wat wyd as die wêreldstandaard aanvaar word, is ’n voorbeeld van ’n sonkalender.

Die mees algemene ander kalender is ’n maankalender, waarvan die maande ooreenstem met die siklusse van die maanfases. Die Gregoriaanse kalender se maande stem nie met die siklusse van die maanfases ooreen nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search